menu.png
Passwort vergessen ?

Bibel durchsuchen

 (Index)


Gefundene Einträge

•••► •••►
Buch Kapitel Vers Text
1 Mose 3 20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
1 Mose 3 21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
1 Mose 3 22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
1 Mose 3 23 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
1 Mose 3 24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
1 Mose 4 1 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
1 Mose 4 2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.
1 Mose 4 3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.
1 Mose 4 4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
1 Mose 4 5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
1 Mose 4 6 En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
1 Mose 4 7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie--die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
1 Mose 4 8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
1 Mose 4 9 Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
1 Mose 4 10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

Seite:   1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11