menu.png
Passwort vergessen ?

Kapitel Ansicht

 (Index)


•••► •••►
Vers Text
1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
3 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
4 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
5 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
6 God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
10 Die edeles van die volke het vergader- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!